Rugbyondersteuners is die laaste paar maande aan die raai wie die Springbokke se nuwe afrigter gaan wees. Heyneke Meyer is toe vir dié groot taak gekies. Die JJ's het rugbymal Jippers gaan vra: As enigiemand anders die rugbyspan by jou skool kon afrig, wie sou jy wou hê moet dit wees?
Jacques du Preez, gr. 10 aan Grey-kollege: "Carlos Spencer."
Pieter Human, gr. 10 aan die Hoërskool Riebeeckstad: "Naas Botha vir sy ondervinding en taktiese kennis."
Jaco Reinach, gr. 9, Grey-kollege Sekondêr: "Wessel du Plessis! Hy is 'n onderwyser by Grey. Hy het ook vir Grey se eerste span gespeel en al is hy nog nie 'n professionele rugbyspeler nie, is hy vir my 'n groot inspirasie."
Rulof "Bees" Keyser, gr.12, Hoërskool Sentraal: "Vir seker, Victor Matfield, want hy het al baie jare ervaring."Foto:photographer
Tiaan Vosloo, 17, gr. 12, Woodridge College, Port Elizabeth: "Definitief Pierre Spies. Hy is eintlik 'n losvoorspeler, maar het ook ondervinding op vleuel. Hy het ook baie rugbykennis en kan mense goed motiveer."
Armand Pieterse, gr. 12 in die Hoërskool Hangklip in Queenstown: "Ek sou ‘n professionele afrigter soos John Mitchell kies wat die Lions afrig. As jy die regte afrigter het en met goeie gees saam speel, kan jy enige span oorwin."
Dean de Winnaar, gr. 12 aan die Hoerskool Menlopark: "Victor Matfield of Dan Carter: Hul visie en ervaring kan ‘n groot verskil maak en hulle is van die beste spelers om by te leer."
J.P. du Toit, gr. 11 aan die Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres: "Pierre Spies, want hy kan voor- en agterlyn speel, en hy't ook baie ervaring. Boonop is hy net plein 'n ‘Beast'. "