Die Vrystaat en Noord-Kaap se eerste junior gholftoernooi van 2012, die Cherry-ope vir juniors op Ficksburg, is deur Blaine Dormehl van Grey-kollege gewen met 217 houe oor drie rondes.
Hy het twee rondes van 71 houe oor sy eerste twee rondes gespeel en die o.19-afdeling gemaklik gewen. Jeffrey Bothma, wat tweede in die afdeling was, het 233 houe benodig om drie rondes te voltooi.
Thinus Rosslee, die wenner van die o.16-afdeling, was algeheel tweede. Hy het 228 houe oor sy drie rondes gespeel.
Die uitslae:
o.19: 217 - Blaine Dormehl (71-71-75); 233 - Jeffrey Bothma (73-85-75), Theo Potgieter (79-75-79); 238 - Jaco Theron (78-83-77); 239 - Ivan Theunissen (78-79-82), Kabelo Mokhasipe (79-77-83), Tumelo Molloyi (78-78-83); 242 - Anthony da Ressurreicao (83-81-78), Theodor Oosthuizen (79-80-83); 243 - Nicholas Blomerus (82-79-82). o.16: 228 - Thinus Rosslee (76-76-76); 229 - Danrich du Toit (78-74-77); 232 - Renier Muller (76-80-76), Ben van der Walt (72-78-82); 236 - M.W. de Wet (81-77-78). o.14: 234 - Attie van Wyk (76-74-84); 237 - Therion Nel (79-75-83); 239 - Ruan Pretorius (80-80-79); 243 - Dylan Pretorius (82-78-80); Wilco Nienaber (86-78-80), Franco Froneman (83-81-80).
Meisies: 241 - Zanele Mazibuko (76-83-82); 246 - Ntsoaki Mokoena (83-82-81); 250 - Leanda Schulze (88-83-79); 251 - Angelique Swanepoel (82-84-85).