The Grid, Vodacom se mobiele sosiale netwerk, is nou wêreldwyd beskikbaar.
Nadat dit met groot sukses verlede jaar in Nigerië en Tanzanië van stapel gestuur is, kan mense wêreldwyd nou van die unieke diens gebruik maak waarmee jy onder meer lekker kan klets en selfs inhoud kan deel.
Tans is daar sowat 2 miljoen lede van The Grid in Suid-Afrika, Nigerië en Tanzanië. Tot op hede kon hulle net inhoud deel met lede van The Grid van dieselfde land, maar nou kan jy met enigiemand die wêreld oor vriende word, klets, deel, kommentaar lewer, en en en.
Lidmaatskap aan The Grid is gratis en lede betaal slegs die standaard prys vir data aan hul diensverskaffer. Bekom The Grid op die mobisite.