Gossip Girl-ster Blake Lively hou nie van die kollig nie en hou ook nie daarvan om akteurs as vriende te hĂȘ nie.
Nietemin is die aktrise in 'n ernstige verhouding met een van haar medesterre in die tienerreeks, Penn Badgley. Contactmusic berig die aktrise was baie sku in 'n onlangse onderhoud met Marie Claire en wou nie bespiegel oor hoe lank Gossip Girl nog op die kassie gaan wees nie. Die vierde seisoen begin eersdaags in die VSA en die akteurs het kontrakte vir ses seisoene.